STATISTIEK OOR DIE NEGE GEWILDSTE REEKSE
Hier volg 'n bietjie statistiek oor seker die nege gewildste sagteband reekse van die vyftiger jare, wat weer uitgegee is gedurende die tagtiger en vroeë negentiger jare. Let wel, nie al die oorspronklike boeke is gedurende die 1980/90's uitgegee nie. In die Temmers van die woestyn reeks is daar byvoorbeeld net 38 van die oorspronklike 74 boeke uitgegee. Die reekse waarvan statistiek hier onder aangedui word, is as volg: Maagd van die see, Oloff die seerower, Ramala, Rooi Jan, SA Polisie en Swerwer speurder, Sahara avontuur, Swart Luiperd en Temmers van die woestyn reeks. Statistiek raak natuurlik eers werklik interessant wanneer mens presies weet wat die ware statistiek is.
Skrywers:
In totaal was daar ses skrywers betrokke by die gegewe nege reekse. Vier van die vyf skrywers was by meer as een reeks betrokke. Gys van Graan het net aan die Swerwer speurder reeks gewerk (8 boekies). Reinhardt Hendriks het gewerk aan twee reekse, Temmers van die woestyn reeks (36 boekies) en as Casper H. Marais (Reinhardt Hendriks) aan die Rooi Jan reeks (40 boekies). Braam le Roux het onderskeidelik vir vier reekse geskryf, naamlik die SA Polisie reeks (12) en Swerwer speurder reeks (5 boekies), Temmers van die woestyn reeks (39 boekies) en die Swart Luiperd reeks (45 boekies). Gerrie Radloff het ook aan vier verskillende reekse gewerk, naamlik die SA Polisie reeks (6 boekies), Swerwer speurder reeks (9 boekies), die Ramala reeks (32 boekies) en laastens Oloff die seerower reeks (24 boekies). Meiring Fouche (FA Venter) het ook vir vier verskillende reekse geskryf, naamlik SA Polisie reeks (6 boekies), Maagd van die see reeks (8 boekies), die Swart Luiperd reeks (25 boekies) en die Sahara avontuur reeks (40 boekies) in totaal.
Uitgewers:
Toe hierdie "nege reekse" uitgegee was gedurende die 1980-90's, was net twee uitgewers vir die nege reekse verantwoordelik, te name Sirkel Publikasies en later Vanity Promosies. Die oorspronklike SA Polisie reeks en Swerwer speurder reekse is egter as een reeks deur die uitgewers uitgegee, naamlik SA Polisie en Swerwer speurder reeks. Vandaar het daar toe net agt reekse verskyn en nie nege reekse nie, omrede twee reekse saamgegooi was in een reeks. Sirkel Publikasies het sewe van die agt reekse uitgegee en Vanity Promosies twee van die agt reekse. Die Swart Luiperd reeks is deur beide Sirkel Publikasies en Vanity Promosies uitgewers uitgegee. In die Swart Luiperd reeks het Sirkel Publikasies die eerste 46 boekies uitgegee en Vanity Promosies die laaste 24 boekies. Die laaste reeks wat in die laat tagtigerjare en vroeë negentigs uitgegee was, was Die Maagd van die See reeks en die agt boekies in die reeks is almal deur Vanity Promosies uitgegee. In totaal het Sirkel Publikasies 229 boekies uitgegee en Vanity Promosies 32 boekies.
Aantal Boekies:
Die totale aantal boekies wat rondom die tagtiger jare uitgegee was in die agt reekse, was 261 boekies. Daarvan het Gys van Graan 5 boekies geskryf, Reinhardt Hendriks 18 boekies, Casper H. Marais (Reinhardt Hendriks) 32 boekies, Gerrie Radloff 48 boekies, Meiring Fouche 64 boekies en Braam le Roux die meeste met 92 boekies. Die oorspronklike aantal boeke wat deur die onderskeie skrywers geskryf was en die eerste maal gedurende die 1950-60's rond uitgegee was, lyk die statistiek as volg. In totaal het vir die daar vir die betrokke nege reekse toe 335 boekies verskyn. Daarvan het Gys van Graan 8 boekies geskryf, Reinhardt Hendriks 36 boekies, Casper H. Marais (Reinhardt Hendriks) 40 boekies, Gerrie Radloff 71 boekies, Meiring Fouche 79 boekies en Braam le Roux die meeste met 101 boekies.